| ||
Script: Teen ongeveer 2½ weke vorm die epiblast drie spesiale weefsels, of kiemlae, naamlik die ektoderm, endoderm, en mesoderm. Talle strukture vorm in die ektoderm, insluitend die brein, rugmurg, senuwees, vel, naels, en hare. Die endoderm produseer die voering van die asemhalingstelsel en die spysverteringskanaal, en genereer gedeeltes van belangrike organe soos die lewer en pankreas. Die mesoderm vorm die hart, niere, beendere, kraakbeen, spiere, bloedselle en ander strukture. | ||
All ages referenced to fertilization, not last menstrual period. |