Skip Navigation
The Endowment for Human Development
The Endowment for Human Development
Improving lifelong health one pregnancy at a time.
Donate Now Get Free Videos

Multilingual Illustrated DVD [Tutorial]

The Biology of Prenatal Development




DIE VOORGEBOORTELIKE ONTWIKKELINGSPROSES

.Afrikaans


National Geographic Society This program is distributed in the U.S. and Canada by National Geographic and EHD. [learn more]

Choose Language:
Download English PDF  Download Spanish PDF  Download French PDF  What is PDF?
 

The Fetal Period (8 Weeks through Birth)

Chapter 37   9 Weeks: Swallows, Sighs, and Stretches

Die fetale stadium duur tot met geboorte.

Teen 9 weke begin die fetus sy duim suig, en kan hy al van die vrugwater insluk.

Die fetus kan ook 'n voorwerp vasgryp, sy kop vorentoe en agtertoe beweeg, sy kakebeen oop en toe maak, sy tong beweeg, sug en strek.

Senuweepunte in die gesig, handpalms en voetsole kan ligte aanraking voel.

In reaksie op 'n ligte aanraking van die voetsool, sal die fetus sy heup en knie buig en dalk sy tone krul.

Die ooglede is nou heeltemal toe.

Die stembande se ontwikkeling begin met die verskyning van vokale ligamente in die strottehoof oftewel larinks.

Die baarmoeder kan in vroulike fetusse gesien word en voorloper-voortplantingselle (oögoniums) vermeerder binne-in die eierstok.

Uitwendige genitalieë begin nou as manlik of vroulik differensieer.

Chapter 38   10 Weeks: Rolls Eyes and Yawns, Fingernails & Fingerprints

Tussen 9 en 10 weke versnel groei só dat die fetus se liggaamsgewig met meer as 75% toeneem.

As mens die boonste ooglid teen 10 weke sou aanraak, sal die oog na onder rol.

Die fetus gaap en maak dikwels sy mond oop en toe.

Fetusse suig meestal hul regterduim.

Die gedeeltes van die ingewande wat in die naelstring lê, begin nou na die buikholte terugkeer.

Die oorgrote meerderheid bene begin ossifiseer.

Vinger- en toonnaels begin ontwikkel.

10 weke na bevrugting maak unieke vingerafdrukke hul verskyning. Die mens sal dwardeur sy lewe deur hierdie patrone geïdentifiseer kan word.

Chapter 39   11 Weeks: Absorbs Glucose and Water

Teen 11 weke is die neus en lippe volledig gevorm. Soos alle ander liggaamsdele, sal hulle ook tydens elke lewenstadium van voorkoms verander.

Die ingewande begin die glukose en water wat die fetus insluk, absorbeer.

Hoewel geslag reeds by bevrugting vasgestel is, kan uitwendige genitalieë nou as manlik of vroulik van mekaar onderskei word.

Chapter 40   3 to 4 Months (12 to 16 Weeks): Taste Buds, Jaw Motion, Rooting Reflex, Quickening

Tussen 11 en 12 weke neem die fetus se gewig met byna 60% toe.

Op 12 weke is die eerste derde, of trimester, van die swangerskap verby.

Duidelik onderskeibare smaakknoppies bedek nou die binnekant van die mond.
Teen geboorte sal net die smaakknoppies op die tong en verhemelte oorbly.

Die fetus kan van so vroeg as 12 weke stoelgang voortbring; dít kan sowat 6 weke lank gebeur.

Die eerste stof wat die fetale of pasgebore kolon uitskei, word mekonium genoem. Mekonium bestaan uit spysverterings-ensieme, proteïne en dooie selle wat deur die spysverteringskanaal uitgewerp word.

Teen 12 weke is die boonste ledemate lengtegewys al amper in die regte verhouding teenoor die grootte van die liggaam. Die onderste ledemate neem langer om hul uiteindelike afmetings aan te neem.

Met die uitsondering van die rug en kroontjie, reageer die fetus se hele liggaam nou op ligte aanraking.

Geslagsafhanklike ontwikkelings-verskille verskyn nou vir die eerste keer. Vroulike fetusse beweeg byvoorbeeld meer dikwels hul kakebene as manlike fetusse.

In teenstelling met die terugtrek-reaksie wat vroeër tydens aanraking van die mondgedeelte waargeneem kon word, begin die fetus nou sy kop na die stimulus draai en maak hy sy mond oop. Hierdie "soekrefleks" gebeur ook ná geboorte, sodat dit vir die pasgeborene makliker is om die moeder se tepel gedurende borsvoeding te vind.

Die gesig hou aan verander soos vetweefsel die wange begin vul en tandontwikkeling begin plaasvind.

Teen 15 weke verskyn en vermenigvuldig bloedvormende stamselle in die beenmurg. Die grootste gedeelte van bloedsel-vorming sal hier plaasvind.

Hoewel beweging reeds by 'n embrio van 6 weke waargeneem kan word, word 'n swanger vrou eers tussen 14 en 18 weke van die eerste fetale bewegings bewus. 'n Verwagtende vrou sal soms daarna verwys deur te sê dat sy 'lewe voel'.

Chapter 41   4 to 5 Months (16 to 20 Weeks): Stress Response, Vernix Caseosa, Circadian Rhythms

As 'n naald teen 16 weke in die fetus se maag gesteek sou word, sal dit 'n hormonale stresrespons veroorsaak. Nor-adrenalien, of nor-epinefrien, word dan in die bloedstroom vrygestel.

In die asemhalingstelsel, is die lugpypvertakkings nou amper voltooi.

'n Beskermende wit vetterigheid, met die naam vernix caseosa, bedek nou die fetus. Vernix beskerm die vel teen moontlike irritasie wat die vrugwater kan veroorsaak word.

Vanaf 19 weke begin die fetus se bewegings, asemhaling, en hartklop 'n daaglikse siklus volg, wat die etmaal- of sirkadiese ritme genoem word.

Chapter 42   5 to 6 Months (20 to 24 Weeks): Responds to Sound; Hair and Skin; Age of Viability

Teen 20 weke bereik die koglea, die gehoor-orgaan, sy volwasse grootte binne die volledig ontwikkelde binne-oor. Van nou af, sal die fetus al hoe meer op geluide reageer.

Hare begin op die kopvel groei.

Alle die vel se lae en strukture is gevorm, asook haarfollikels en kliere.

Teen 21 tot 22 weke na bevrugting word dit vir die longe effe moontlik om lug in te asem. Dit is die ouderdom waarop die fetus as lewensvatbaar beskou word, omdat oorlewing buite die baarmoeder nou vir sommige fetusse moontlik sou wees.

Chapter 43   6 to 7 Months (24 to 28 Weeks): Blink-Startle; Pupils Respond to Light; Smell and Taste

Teen 24 weke gaan die ooglede weer oop en kan die fetus sy oë knip wanneer hy skrik. vroulike fetusse ontwikkel hierdie reaksie op skielike harde geluide tipies vroeër as manlike fetusse.

Verskeie ondersoeke het aan die lig gebring dat blootstelling aan harde geluide moontlik die fetus se gesondheid kan affekteer. Onmiddellike gevolge sluit verhoogde hartklop wat vir 'n lang tyd aanhou, oormatige slukbewegings en onverwagse gedragsveranderinge in. Moontlike langtermyn-gevolge is, onder andere, gehoorverlies.

Die fetus se asemhalingstempo kan tot so hoog as 44 in-uitsiklusse per minuut styg.

Gedurende die derde trimester van swangerskap, gebruik die vinnig-groeiende brein meer as 50% van die energie wat deur die fetus verbruik word. Die brein word tussen 400 en 500% swaarder.

Teen 26 weke kan die oë trane produseer.

Die pupille reageer op lig teen so vroeg as 27 weke. Regdeur die mens se leeftyd reguleer hierdie reaksie die hoeveelheid lig wat die retina sal bereik.

Alles wat vir 'n funksionele reuksin nodig is, is in werkende toestand. Studies het bewys dat vroeggebore babas reeds so vroeg as 26 weke na bevrugting die vermoë het om reuke te bespeur.

As iets soets by die vrugwater gevoeg word, verhoog dit die pas waarmee die fetus slukbewegings maak. In teenstelling, sluk die fetus minder gereeld wanneer iets bitters bygevoeg word. Dikwels gaan dit met veranderde gesigsuitdrukking gepaard.

Deur sy bene treetjie-vir-treetjie te beweeg, asof hy loop, kan die fetus bollemakiesie slaan.

Die fetus lyk nou minder verrimpeld omdat ekstra vet onder die vel gevorm word. Vet speel 'n belangrike rol in die onderhouding van liggaamstemperatuur en die opgaar van energie na geboorte.

Chapter 44   7 to 8 Months (28 to 32 Weeks): Sound Discrimination, Behavioral States

Teen 28 weke kan die fetus tussen geluide met hoë en lae toonhoogtes onderskei.

Teen 30 weke, maak die fetus meer gereelde asemhalingsbewegings; 'n gemiddelde fetus doen dit tussen 30 en 40% van die tyd.

Gedurende die laaste 4 maande van swangerskap, is die fetus periodiek met samehangende aktiwiteite besig, onderbreek deur gereelde rustye. Hierdie gedragspatrone wys hoe die sentrale senuweestelsel in kompleksiteit toeneem.

Chapter 45   8 to 9 Months (32 to 36 Weeks): Alveoli Formation, Firm Grasp, Taste Preferences

Teen omtrent 32 weke begin egte alveoli, of "longblasies", in die longe ontwikkel. Alveoli sal aanhou vorm tot die kind ongeveer agt jaar oud is.

Teen 35 weke het die fetus al 'n stewige handgreep.

Soos die fetus aan verskeie stowwe blootgestel word, beïnvloed dit sy smaakvoorkeure na geboorte. Fetusse wie se ma's byvoorbeeld droplekkers geëet het, waarvan die bekende smaak van anys afkomstig is, het na geboorte 'n voorliefde vir anys getoon. Pasgeborenes wat dit nie as fetusse ingekry het nie, het nie van anys gehou nie.

Chapter 46   9 Months to Birth (36 Weeks through Birth)

Die fetus sit die kraamproses aan die gang deur groot hoeveelhede van die hormoon estrogeen vry te stel, en begin so sy oorgang van fetus na pasgeborene.

Die kraamproses word deur kragtige sametrekkings van die baarmoeder gekenmerk, waarna die kind gebore word.

Menslike ontwikkeling is dinamies, voortdurend en gekompliseerd, van bevrugting tot geboorte en daarna. Nuwe ontdekkings wat oor hierdie boeiende proses gemaak word, wys al hoe meer hoe belangrik gesonde fetale ontwikkeling vir lewenslange gesondheid is.

Deur groter begrip vir vroeë menslike ontwikkeling te verwerf, verhoog ons ons kanse om gesonder te leef -


Add a Comment

Your Name: Log In 3rd-party login: Facebook     Google     Yahoo

Comment: