Skip Navigation
The Endowment for Human Development
The Endowment for Human Development
Improving lifelong health one pregnancy at a time.
Donate Now Get Free Videos

Multilingual Illustrated DVD [Tutorial]

The Biology of Prenatal Development




DIE VOORGEBOORTELIKE ONTWIKKELINGSPROSES

.Afrikaans


National Geographic Society This program is distributed in the U.S. and Canada by National Geographic and EHD. [learn more]

Choose Language:
Download English PDF  Download Spanish PDF  Download French PDF  What is PDF?
 

Chapter 15   5 Weeks: Cerebral Hemispheres

Tussen 4 en 5 weke, sit die brein sy vinnige groei voort en verdeel dit in 5 duidelike dele.

Die kop beslaan ongeveer 'n derde van die embrio se totale grootte.

Die breinhelftes, oftewel serebrale hemisfere, verskyn en word geleidelik die grootste gedeeltes waaruit die brein bestaan.

Die serebrale hemisfere beheer die mens se vermoë om te dink, leer, onthou, praat, sien hoor, vrywillige bewegings uit te voer, en probleme op te los.

Chapter 16   Major Airways

Die linker- en regterlongpype is reeds in die asemhalingstelsel aanwesig; hulle sal later die tragea, of lugpyp, met die longe verbind.

Chapter 17   Liver and Kidneys

'n Massiewe lewer lê die buikholte neffens die kloppende hart vol.

Permanente niere sal teen 5 weke verskyn.

Chapter 18   Yolk Sac and Germ Cells

Die dooiersak bevat vroeë voortplantingselle wat kiemselle genoem word. Teen 5 weke migreer hierdie kiemselle na die voortplantingsorgane wat langs die niere geleë is.

Chapter 19   Hand Plates and Cartilage

Die embrio ontwikkel ook handplaatjies teen 5 weke, en kraakbeen begin teen 5½ weke vorm.

Hier sien ons die linker-handplaatjie en gewrig soos dit teen 5 weke en 6 dae lyk.

Embryonic Development: 6 to 8 Weeks

Chapter 20   6 Weeks: Motion and Sensation

Teen 6 weke groei die serebrale hemisfere uitermatig vinnig teenoor die res van die brein.

Die embrio begin spontane en refleks-bewegings maak. Sulke bewegings is noodsaaklik om normale senu-spier-ontwikkeling teweeg te bring.

As 'n mens aan die embrio se mondgedeelte sou raak, sal hy reeds sy kop vanself terugtrek.

Chapter 21   The External Ear and Blood Cell Formation

Die buite-oor begin vorm aanneem.

Teen 6 weke begin bloedselvorming in die lewer plaasvind, waar limfselle (limfosiete) nou aanwesig is. Hierdie soort witbloedselle speel 'n belangrike rol in die ontwikkelende immuniteitstelsel.

Chapter 22   The Diaphragm and Intestines

Die mantelvlies (diafragma), wat die hoofspier is wat tydens asemhaling gebruik word, is teen 6 weke byna voltooi.

'n Gedeelte van die ingewande bult nou tydelik in die naelstring uit. Tydens hierdie natuurlike proses, genaamd fisiologiese uitstulping, word vir ander ontwikkelende organe in die buik plekgemaak.

Chapter 23   Hand Plates and Brainwaves

Teen 6 weke word die handplaatjies effens platter.

Primitiewe breingolwe kan van so vroeg as 6 weke en 2 dae bespeur word.

Chapter 24   Nipple Formation

Tepels verskyn aan die sye van die lyf, net voordat hulle op hul eintlike plek voor op die borskas te ruste sal kom.

Chapter 25   Limb Development

Teen 6½ weke kan die elmboë onderskei word, die vingers begin van mekaar skei, en handbewegings kan waargeneem word.

Beenvorming, ook ossifikasie of verbening genoem, begin by die sleutelbeen, of klavikel, en by die bo- en onderkaak.

Chapter 26   7 Weeks: Hiccups and Startle Response

Teen 7 weke kan die fetus al hik.

Die bene begin beweeg, en 'n mens kan reeds prikkel-response waarneem.

Chapter 27   The Maturing Heart

Die vierkamer-hart is grootliks voltooi. Die hart klop nou teen gemiddeld 167 slae per minuut.

Die hart se elektriese aktiwiteit lyk teen 7½ weke baie soos dié wat deur 'n volwassene se hartgolwe geregistreer word.

Chapter 28   Ovaries and Eyes

In vroulike embrios is die eierstokke al teen 7 weke herkenbaar.

Teen 7½ weke, kan die gepigmenteerde netvlies (retina) reeds maklik gesien word, en begin die ooglede vinnig groei.

Chapter 29   Fingers and Toes

Die vingers is nou los van mekaar en die tone is nog net by die eerste lit aan mekaar vas.

Die hande kan nou aan mekaar raak, net soos die voete.

Kniegewrigte kan gesien word.

The 8-Week Embryo

Chapter 30   8 Weeks: Brain Development

Teen 8 weke is die brein al hoogs kompleks en weeg dit byna die helfte van die embrio se totale liggaamsgewig.

Ontwikkeling word merkwaardig vinnig voortgesit.

Chapter 31   Right- and Left-Handedness

Teen 8 weke toon 75% van embrios al regterhand-dominansie. Die res is eweredig tussen linkerhand-dominansie en geen voorkeur verdeeld. Dit is die vroegste bewys van regter- of linkerhandoorheersing.

Chapter 32   Rolling Over

Volgens pediatriese handboeke verskyn 'n kind se vermoë om "om te rol" teen 10 tot 20 weke na geboorte. Hierdie indrukwekkende vertoon van koördinasie word egter reeds veel vroeër in die lae swaartekrag omgewing van die vloeistof-versadigde vrugwatersak vertoon. Al wat die pasgeborene nie het nie, is die krag om die hoër aantrekkingskrag buite die baarmoeder te oorkom - al wat hom daarvan weerhou om "om te rol".

Die embrio word liggaamlik meer aktief gedurende hierdie tyd.

Bewegings kan stadig of vinnig, enkel of herhalend, spontaan of refleksief wees.

Dit gebeur dikwels dat die kop gerol word, nek uitgestrek word, en die hande aan die gesig raak.

As die embrio aangeraak word, trek hy sy oë op skefies getrek, beweeg sy kakebeen, gryp rond met sy handjies, en punt hy sy tone.

Chapter 33   Eyelid Fusion

Die boonste en onderste ooglede groei tussen 7 en 8 weke vinnig bo-oor die oë en vergroei dit gedeeltelik.

Chapter 34   "Breathing" Motion and Urination

Alhoewel daar nie lug in die baarmoeder is nie, maak die embrio teen 8 weke nou en dan asemhalingsbewegings.

Teen hierdie tyd, produseer die niere uriene wat in die vrugwater vrygelaat word.

Manlike embrios se ontwikkelende testes begin testosteroon produseer en afskei.

Chapter 35   The Limbs and Skin

Die ledemate se bene, gewrigte, spiere, senuwees, en bloedvate lyk reeds baie soos dié van 'n volwassene.

Teen 8 weke verander die epidermis, of boonste laag vel, in 'n membraan wat uit vele lae bestaan, en verloor dit redelik baie van sy deursigtigheid.

Wenkbroue begin groei en fyn haartjies verskyn om die mond.

Chapter 36   Summary of the First 8 Weeks

Na 8 weke is die embrionale fase verby.

Die menslike embrio het nou van 'n enkele sel tot 'n wese met byna een-miljard selle ontwikkel, wat oor meer as 4 000 duidelike anatomiese strukture beskik.

Die embrio het nou reeds meer as 90% van die strukture waaroor volwassenes beskik.


Add a Comment

Your Name: Log In 3rd-party login: Facebook     Google     Yahoo

Comment: