| ||
|
Script: Die sigoot se 46 chromosome maak die unieke eerste uitgawe van 'n nuwe individu se volledige genetiese bloudruk uit. Hierdie meesterplan is in styf opgerolde molekules opgeteken, wat deoksiribo-nukleïen-suur genoem word. DNS bevat die instruksies waarvolgens die hele liggaam sal ontwikkel. DNS molekules lyk soos gedraaide lere, wat as dubbele helikse bekend staan. Elke trappie van so 'n leer bestaan uit afgepaarde molekules, of basisse, genaamd guanien, sitosien, adenien en tiamien. Guanien kom slegs saam met sitosien voor, en adenien slegs saam met tiamien. | ||
| All ages referenced to fertilization, not last menstrual period. |